Hoërskool Bekker het onlangs hul nuwe koshuis- en leerlingraad vir volgende jaar gekies en die leerders is reg om te wys wat in hulle steek.
Die News het met die nuwe hoofleiers, Jano du Plessis en Junica Botha gaan gesels oor hul planne vir 2022.
Jano is al van Graad 8 af deel van die Bekker-familie en het vertel dat hy Bekker gekies het vir die landboukomponent en sport.

“Ons is een familie van alle tale en kulture,” het hy trots vertel. Hy het bygevoeg dat hy glad nie verwag het om as hoofseun gekies te word nie maar dat hy trots was want, ” … mens werk tog om eendag ‘n leier te wees”.
Hy beoog om 2022 die beste jaar vir die skool te maak en nuwe idees te implementeer.

Vir Junica was dit die mooi skool tussen die berge wat haar in Graad 8 gelok het. Sy het vertel sy het Bekker toe gegaan vir die landboukomponent, maar het vinnig geleer dat jy by Bekker mense kry op wie jy kan staatmaak.
Ek het glad nie verwag om hoofleier te wees nie; ek was baie verbaas,” het sy vertel en bygevoeg dat sy baie emosioneel en trots was dat die mense haar in daardie lig gesien het.
Junica beoog om in 2022 seker te maak dat almal by skoolaktiwiteite betrek word en dat hulle as een skool saamstaan.
Die leiers wil vir die Bekker-leerders sê om positief te wees en hul positiwiteit te laat uitstraal, ondanks die moeilike tye.
Volgende jaar se onderhoofleiers is WJ Grobler vir Landbou, Madri Grobler vir Sport, Johannes Wandrag vir Akademie, en Wande Madikane vir Kultuur.

Die koshuishoofleiers is AJ Lategan vir Cambria Senior Seunskoshuis; Saskia Scott-Wilson vir Huis Steenekamp senior dogterskoshuis; Hlubandile Mzongwana vir Kuschke junior seunskoshuis; en Wande Madikane vir die Annekse junior meisieskoshuis.
Volgende jaar se koshuisraad bestaan uit Thozama Makabane, T-Ann Olivier, Masego Nobela, Unathi Makwange, Alyssa Victor, Asanda Zulu, Neo Mabetwa, Lindokuhle Mgwenya, Reneilwe Motebele, Uwana Eyo, Sadi Mokhaneli, Asanda Langa, Bokamoso Phiri, Katlego Matshebele, Oratile Mokhobo, Alexander Scriba, Hlubandile Mzongwana, Deen de Almeida, AJ Lategan, Reatlaretse Modise, Angelico De Gouveia, Gobi Kekana en Lereko Pongwana.
Die leerlingraad vir volgende jaar is Anrica Appelcryn, Monique Beyleveldt, Anke de Klerk, Zander Duffield, Jolyn Fortuin, WJ Grobler, Madri Grobler, Lindré Grobler, Rachel Jacobs, Alison Khourie, Odile Kleinhans, Rudolf Kupfer, AJ Lategan, Luan Potgieter, Elnnes Scholtz, Zandre Vosser, Johannes Wandrag, Koketso Diseko, Wande Madikane, Unathi Makwange, Saskia Scott-Wilson en Neo Zwane.
