NewsSchools

Leerders redeneer oor die lewe, alles daar buite

Laerskool Krugerdorp-Noord het weer in September hul jaarlikse Engels-redenaarskompetisie gehou en die talentvolle leerders het die beoordelaars behoorlik beïndruk.

Redenaars is ‘n gulde geleentheid om leerders van ‘n jong ouderdom af te leer hoe om ‘n geldige argument te formuleer en dit logies aan ander voor te dra.

Laerskool Krugersdorp-Noord plaas groot klem op hul jaarlikse interne redenaarskompetisie waar enige leerder van Graad 1 tot 7 hul raakpraat-vaardighede ten toon kan stel.

Graad 4-wenner Danielle Cronje. Foto: Jaco Human.

Op Woensdag, 22 September het die jongklomp streng volgens die ATKV-redenaarskriteria teen mekaar in Engels gekompeteer. Daar is van die leerders verwag om beredeneerde toesprake met drie duidelike standpunte met toepaslikke bronne voor te dra. Deelnemers is ook geasseseer vir hul kreatiwiteit, houding, voorkoms, oogkontak en notahantering.

Graad 1-wenner Natha Slingerland. Foto: Jaco Human.

Die Graad 4 tot 7-groepe het verskeie temas gehad, naamlik Woorde, Tyd, Skool, Die Buiteruimte, Die Aarde, Nuus, Vrees en Vertroue.

Graad 7-wenner Adia Coetzer.

Die algehele wenners is as volg:
Natha Slingerland (Graad 1), Thereze van Heerden (Graad 2), Mia Janse van Vuuren (Graad 3), Danielle Cronje (Graad 4), Chanté van den Berg (Graad 5), Caylee Jonker (Graad 6) en Adia Coetzer (Graad 7).

Graad 3-wenner Mia Janse van Vuuren. Foto: Jaco Human.
Graad 5-wenner Chanté van den Berg.
Graad 2-wenner Thereze van Heerden. Foto: Jaco Human.
Graad 6-wenner Caylee Jonker.
Graad 5-wenner Chanté van den Berg.
Graad 6-wenner Caylee Jonker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button