CrimeNews

Elf huisbrake in ses dae waarsku EPR

Johan Krogh van EPR sê dat die aantal huisbrake in die area kommerwekkend is.

In EPR sekuriteit se jongste misdaadverslag is huisbrake weer heel bo aan die lys van die 36 insidente wat in die tydperk van 20 tot 26 September by die maatskappy aangemeld is.

Daar is 11 insidente van huisbraak, vier van diefstal en drie van poging tot diefstal aangemeld.

Twee mediese voorvalle, drie oop deure, een verdagte persoon, twee rowe, vyf saakbeskadiginginsidente, twee aanrandings, een brand, een betreding en een geval van gevonde eiendom is ook aangemeld.

Johan Krogh, die algemene bestuurder van EPR sekuriteit het gesê dat huisbraak en roof in die area kommerwekkend is.

Inwoners word herinner om hul alarms te aktiveer en seker te maak dat ‘n paniekknop altyd byderhand is.”

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

Die volledige misdaadverslag vir die afgelope week. Inligting verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button