Leerders van Laerskool Muldersdrif het onlangs gewys dat harde werk en talent in hul bloed is.
Dit nadat ‘n handvol leerders aan die Randfontein Arts and Culture Association- (RACA-) kompetisie deelgeneem en uitgeblink het.
Hul Graad R-spreekkoor het 97% behaal terwyl die grondslagfase-spreekkoor 95% verwerf het.
Die seniorkoor het ‘n allemintige 98% verdien terwyl die juniorkoor volpunte met 100% gekry het. Die Graad 4- en 5-spreekkoor het met 96% weggestap terwyl 97% aan die Graad 6’e en 7’s toegeken is.
Dit beteken dat al die groepe diamanttoekennings ontvang het vir hul puik optredes.
Graad 4-leerder Elle Smuts het ook aan die akrobatiese dansafdeling deelgeneem en ‘n diamanttoekenning ontvang asook 96%.
Welgedaan aan al die leerders. Kyk gerus na nog foto’s op ons webblad by www.krugersdorpnews.co.za.
