
Leerders van Hoƫrskool Monument het onlangs ook hul harte oopgemaak vir die Pangokamp-gemeenskap in Munsieville deur broodjies en kospakkies uit te deel.
Die meisies is almal in Graad 9 en die uitreik het deel gevorm van die Abi-G liefdadigheidsorganisasie. Dit was ook een van die projekte wat ‘n paar van die meisies gedoen het wat betrokke is by die Mejuffrou Monnas-kompetisie.

Hulle het 200 tuisgemaakte toebroodjies, hope klere, sowat 120 pakkies lekkernye en 70 bokse van liefde aan die inwoners oorhandig.

In elke boks van liefde was daar hawermout, kitsnoedels, kitssop, Marie- en Topper-koekies, pasta, rys, langlewe-melk, blikkiesvleis en aanmaakkoeldrank.
