NewsSchools

Ons speel nou vir die Leeus!

Twee leerders van Laerskool Krugersdorp-Noord draf vanjaar uit vir die Goue Leeus se o.13-sewesrugbyspan.

Rugby is sterk aan die groei by Laerskool Krugersdorp-Noord.

Johann Alers en Michael Nel. Foto: Jaco Human.

Die skool kan weereens twee van hul rugbyspelers vir die Goue Leeus-spanne leen.

Michael Nel (o.13A-sewesspan) en Johann Alers (o.13C-sewesspan) is in die groep van 36 spelers ingesluit wat reeds die Goue Leeus op 18 September by Laerskool Villieria in Pretoria verteenwoordig het.

Johann Alers, Wessel Lotter en Michael Nel. Foto: Jaco Human.

“Verskeie pragrugbygeleenthede het reeds onder die huidige Covid-19 situasie en inperkings gely. Op sewesgebied vir o.13’s het die Goue Leeus teen die Blou Bulle en die Griffons in Pretoria gespeel,” het Noordskool-onderwyser, -afrigter en Goue Leeus o.13A-sewes-spanbestuurder Wessel Lotter verduidelik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button