EPR-sekuriteit het hul jongste misdaadverslag vir die tydperk tussen 4 en 10 Oktober uitgereik wat toon dat daar 30 voorvalle vir dié tyd by die maatskappy aangemeld is.
Uit die 30 voorvalle was nege vir diefstal, drie vir roof, drie vir huisbraak, een vir poging tot diefstal, en een vir poging tot huisbraak. In die afgelope paar weke was diefstal en huisbraak verskeie kere heel bo aan die lys.
Daar is ook twee poging tot moord, een moord, twee aanrandings en een voorval van intimidasie by die sekuriteitsmaatskappy aangemeld.
Die ander was onder andere een mediese geval, die besit van ‘n vuurwapen, twee sake van saakbeskadiging en ‘n oop deur.
Uit die 30 voorvalle het 15 by besighede plaasgevind, 13 by wonings, een by ‘n skool en een in ‘n veld.
Sewentien van die voorvalle het tussen middernag en die middag gebeur, en 13 het later in die dag plaasgevind.
EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

