Bastion-jukskeispelers haal Gauteng-Wes-span
Die prestasie volg nadat hul op Saterdag, 16 Oktober in Boksburg teen spanne vanoor die hele Gauteng meegeding het.
Hoërskool Bastion is trots op hul o.19A-span wat onlangs die Gauteng-Wes-jukskeispan gehaal het.
Die prestasie volg nadat hul op Saterdag, 16 Oktober in Boksburg teen spanne vanoor die hele Gauteng meegeding het. Dié toegewyde jukskeispelers is opgewonde vir die komende SA-proewe waarna hulle moontlik na die SA-kampioenskappe kan deurdring wat na verwagting in Desember sal plaasvind.
Afrigter Ela Grobler en hoof Gert Koekemoer wens graag vir Bairon Smuts en Anicia Swanepoel geluk met hul uitmuntende vordering en wens hulle alle sterkte toe met die SA-proewe wat binnekort sal plaasvind.
“Hulle het hard gewerk om te kom waar hul nou is, en ons glo dat hulle sal voortgaan om Hoërskool Bastion se naam hoog te hou,” het Ela ten slotte gesê.
