NewsSchools

Ebies-leerders skitter op die loopplank

Laerskool Ebenhaeser het onlangs hul Meneer en Mejuffrou Ebies-kompetisie aangebied – hier is die hele lys wenners.

Laerskool Ebenhaeser het onlangs hul Meneer en Mejuffrou Ebies-kompetisie aangebied waartydens deelnemers behoorlik geskitter het.

Op Woensdag, 20 Oktober het die juniors hul beurt gekry om op die loopplank te pronk terwyl die seniors op Donderdag, 21 Oktober gewys het wat in hulle steek. Die aand is beslis stylvol beplan deur Meneer Krugersdorp 2020 Wim Keet met The Great Gatsby as tema.

In die dogterskategorie (vyf tot sewe jaar) is Gabby de Beer as die wenner aangewys, met Elma-Né Engelbrecht die Eerste Prinses (ook Mejuffrou Persoonlikheid) en Leandra Grotjohn die Tweede Prinses, terwyl Jhantelle Marais beste kleredrag gewen het.

Angelique Labuschagne. Foto: Natasha Pretorius.

In die seunskategorie (vyf tot sewe jaar) is Koos Vukeya (ook beste kleredrag) as wenner aangewys, Luan Pauwel as Eerste Prins (ook Meneer Persoonlikheid) en Arthur Creighton as Tweede Prins.

Megan Bothma het die dogterskategorie vir agt- tot negejariges gewen, en Mishke Ebersohn en Alexandra Pohl was onderskeidelik haar Eerste en Tweede Prinses. Mejuffrou Persoonlikheid was Jenique Barnardt, en Katryn Trollip het beste kleredrag gewen. Die twee debutante was Megan Bothma en Elandrie Greeff.

Die seuns agt tot nege jaar se wenner was Divan de Wet, met Raymont Smith en Willempie Mabuza die Eerste en Tweede Prins. Ricardo Nel was die man met die persoonlikheid, en Eric van den Berg was die beste geklee.

Jayden Mpanyane. Foto: Natasha Pretorius.

By die seniors was Tiani Jooste die wenner van die dogters 10 tot 11 jaar, en Odette Marais en Ziana Viljoen was haar Eerste en Tweede Prinses. Mejuffrou Persoonlikheid was Chloee Burger en Bongiwe Nkoi het gewen met haar kleredrag.

Die seuns 10 tot 11 jaar se wenner was Shaun Pretorius met Jayden Mpanyane en Matthews Mabese as Eerste en Tweede Prins. Jayden is ook as Meneer Persoonlikheid aangewys en Justin Labuschagne was die beste kleredrag-wenner.

Ziana Viljoen. Foto: Natasha Pretorius.

Mejuffrou Ebies by die 12- tot 13-jariges was Elenka Terblanche, met Anesia Peach en Angelique Labuschagne as haar Eerste en Tweede Prinses. Luané Gouws is Mejuffrou Persoonlikheid en Gabrielle Venter is beloon vir beste kleredrag. Elenka is ook as debutant aangewys.

Chaylin Prtorius is Meneer Ebies by die 12- tot 13-jariges, en Hendrik Hamman en Jermaine Malgas onderskeidelik sy Eerste en Tweede Prins. George Sharp is as Meneer Persoonlikheid aangewys terwyl Alexander Schoeman met beste kleredrag gewen het.

Baie geluk aan al die wenners.

Odette Marais. Foto: Natasha Pretorius.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button