Local newsNewsSchools

Nories ontwikkel groot motoriese vaardighede

Die skool wou 'n groter fokus op leerders se fisiese ontwikkeling plaas en het toe 'n hindernisbaan op die skoolterrein aangelê wat geskik sal wees vir leerders van Graad 1 tot 7.

Na ‘n paar maande se beplanning en bouwerk is Laerskool Krugersdorp-Noord se nuwe groot motoriese hindernisbaan vir die leerders oopgestel.

Die skool wou ‘n groter fokus op leerders se fisiese ontwikkeling plaas en het toe ‘n hindernisbaan op die skoolterrein aangelê wat geskik sal wees vir leerders van Graad 1 tot 7. Die baan bestaan uit verskillende strukture vir verskillende soorte oefening, soos om oor ‘n raam met houtbalke te klim; jouself op ‘n swaaiende balk te balanseer; sigsag op ‘n balanseerbalk te stap; teen ‘n muur uit te klim; met ‘n tou tot hoog in ‘n boom te klim; aan die monkey bars te hang, deur ‘n staaldrom te kruip; en oor ‘n raam met bande te klouter.

Gideon Swart van die beheerliggaam en skoolhoof Charles Miller open die hindernisbaan. Foto: Jaco Human.

Gerhard Myburgh, Noordskool se Adjunkhoof het verduidelik dat die doel met die baan is om die groot motoriese spiere in die leerders se bene, arms en bolywe te ontwikkel deur hulle te laat hardloop, spring en klim.

Die leerders sal die hindernisbaan weekliks in klasverband gebruik as deel van die Lewensoriënteringskurrikulum.

Mia van Zyl klim rats teen die muur uit. Foto: Jaco Human.

Dit is veral nou belangrik dat die leerders buite kom en aktief wees nadat hulle so lank in die grendeltyd ingehok was. Hul spiere kan nou op ‘n prettige manier op die hindernisbaan geoefen en ontwikkel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button