Local sportNewsSchoolsSport

Groot ondersteuning vir Nories se gholfdag

Laerskool Krugersdorp-Noord het sowat 140 spelers na hul jaarlikse gholfdag gelok.

Dit was weer tyd vir ‘n lekker dag op die gholfbaan en kuier vir Laerskool Krugersdorp-Noord.

Alex Kerbs speel vanaf die skoonveld. Foto: Jaco Human.

Onderwysers, ouers en ondersteuners het op Vrydag, 5 November Noordskool se jaarlikse gholfdag by die Krugersdorp Gholfklub ondersteun. Die doel was om fondse in te samel om die skool deur die jaar te help om sekere finansiƫle verpligtinge na te kom.

Carel Stoop, oudhoof van Laerskool Rapportryer speel vanaf die skoonveld. Foto: Jaco Human.

Die sowat 140 spelers, wat na aan die maksimum getal spelers is wat tegelyk op die baan kon wees, was die meeste wat nog aan ‘n Noordskool-gholfdag deelgeneem het. Die formaat was Scramble Drive Better Ball Stableford, met twee spelers per span en twee spanne wat tegelyk na dieselfde putjie toe gespeel het. Die telling van die speler in die span wat die beste gevaar het, is op die telkaart ingevul. Na die dag se spel is talle pryse, soos gereedskap en selfs vakansies aan die wenners in die onderskeie kategorieĆ« oorhandig.

Noordskool-hoof Charles Miller speel ‘n sethou. Foto: Jaco Human.

Die gholfdag se twee grootste borge was Mapogo A Mathamaga Security en Shell Krugersdorp-Noord. Ander het putjies geborg om kostes te help dra en so hul deel tot die skool se fondsinsameling bygedra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button