Local sportNewsSchoolsSport

Mullies-ruiters eindig jaar op hoë noot

Ruiters van Laerskool Muldersdrif het nie teleurgestel tydens vanjaar se South African National Equestrian Schools Association (Sanesa) Gauteng-Wes prysuitdeling nie.

Ruiters van Laerskool Muldersdrif het weer hul skool en dorp se naam hoog gehou toe hulle talle medaljes asook trofeë tydens die onlangse South African National Equestrian Schools Association (Sanesa) Gauteng-Wes prysuitdeling ingeryg het.

Die skool spog ook nou met ‘n pragtige wisseltrofee wat hul ruiters by die prysuitdeling verower is.

Chanel Pieterse met haar medaljes en trofee. Foto ingestuur.

Die Mullies-ruiterspan bestaan uit Quinette Koekemoer, Isabella Minnie, Barend Oosthuizen, Wilmarie Oosthuizen, Lize van Ettinger, Leone Abrahamse, Leane van den Berg, Lienke Murray en Chanel Pieterse.

Chanel het ‘n gouemedalje (eerste plek) gekry vir Showjumping Top 3 Vlak 1 tot 7, en die Prix Caprilli Top 3 Vlak 1 tot 7. Sy het ook die tiende plek behaal uit al die laerskole se ruiters wat deelgeneem het. Lienke het ‘n gouemedalje (eerste plek) gekry vir Working Hunter Top 3 Vlak 1 tot 7, en sewende geëindig in die Top 10. Barend het ‘n silwermedalje (tweede plek) verower vir die Showjumping Top 3 Beginners Liga Vlak 0.

By die Sanesa Gauteng-kampioenskappe was Isabella, Leone, Leane, Lienke en Chanel ook deel van die Top 12.

Lienke Murray met haar gouemedalje en trofee. Foto ingestuur.

In September het die Mullies-ruiters aan die Sanesa Nasionale Kampioenskappe by die Kyalami Equestrian Park deelgeneem.
Daar het Chanel en haar perd Silver Flash agtste geëindig in Showjumping terwyl Lienke en haar perd Pinecreek Pashima 22e geëindig het in die Working Hunter-kategorie. Haar span het vierde geëindig in die Working Riding-kategorie.

Verder het Isabella 24e geëindig in Showjumping en Leane 33e. Leone en haar perd Boxer was 35e in dieselfde kategorie.

Barend Oosthuizen spog met sy medalje. Foto ingestuur.

Die skool het gesê dat dit lekker was om ‘n uitstekende Sanesa Interskole jaar af te sluit met harde werk, deursettingsvermoë, harde valle en dan weer opstaan, en pryslose spanwerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button