NewsSchools

Proties-kunswerke binnekort by Voortrekker Monument uitgestal

Die kunswerke van drie leerders van Laerskool Protearif sal binnekort by die Voortrekker Monument te sien wees.

Drie leerders van Laerskool Protearif se kunswerke sal oor Desember deel vorm van ‘n kunsuitstalling by die Voortrekker Monument nadat hulle uitstekeng presteer het by die Internasionale Afrikaanse Ekspo.

“Uit die 4 000 inskrywings wat vir die ekspo ontvang is, was daar net 700 kunsinskrywings,” het onderwyser Joey Burger vertel.

Agt Proties-leerders het goeie punte by die ekspo gekry maar dit was Daniëlle Montgomery, Izé Jordaan en Miatay Ferreira se kunswerke wat gekies is vir die uitstalling.

Mitay het goud verwerf vir haar skilderstuk getiteld Die drie varkies, terwyl Izé ook goud vir haar werk getiteld My eie sprokiesverhaal ontvang het. Sy het ook ‘n kortverhaal getiteld Aliesa die prinses ingeskryf en daarvoor silwer gekry.

Daniëlle het vir albei haar kunswerke getiteld Boeke en Pretville, die malhuis en amper die tronk goud ingepalm.

Die uitstalling sal van 9 tot 16 Desember saam met die FAK se kultuurfees aangebied word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button