Local sportNewsSchoolsSport

Onnies sê mekaar die stryd aan op die rolbalbaan

Die onderwysers van laer- en Hoërskole in Mogale City het onlangs teen mekaar te staan gekom op die rolbalbaan.

Die Krugersdorp Rolbalklub het onlangs hul jaarliks Onderwysrolballiga afgesluit en dit was die span van Curro Krugersdorp wat koning gekraai het.

Pieter de Beer van die klub het vertel dat dit nie hul eerste onderwysliga was nie – hulle het vroeër ook die liga aangebied maar Covid-19 het ‘n bietjie in die pad gekom. Hierdie jaar se liga moes vinnig gereël word en net 14 spanne het deelgeneem, maar hulle hoop om volgende jaar meer spanne te kry.

Vanessa Badenhorst van Laerskool Muldersdrif.

Onnies van skole soos HTS N Diederichs THS, Curro Krugersdorp, Laerskool Protearif, Krugersdorp High School, Laerskool Muldersdrif en Hoërskool Noordheuwel het vanjaar deelgeneem.

Die finale is op Vrydag, 12 November by die Krugersdorp Rolbalklub in Kenmare aangebied en die onnies het beslis pret gehad op die rolbalbaan.

Pieter het vertel dat hierdie ‘n lekker liga is en dat die deelnemers dit net moet geniet, meer leer van rolbal en mekaar leer ken.

Juandre Potgieter van Laerskool Protearif.

“Dit is nie te ernstig nie, alhoewel dit vir hulle ‘n baie ernstige saak is,” het hy laggend vertel.

Jy hoef ook nie alles van rolbal te weet om by die liga aan te sluit nie. Pieter het vertel dat hulle graag ekstra lesse gee om die onnies van die spel te leer. Skole van regoor die Wes-Rand is welkom om by hul 2022-liga aan te sluit.

Robert Clunie van Hoërskool Noordheuwel is reg vir wen.

Die span van Curro Krugersdorp kan nou tot volgende jaar met die wentitel spog. In die tweede plek was Protearif 1 en derde was die Krugersdorp High 3 span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button