NewsSchools

Monnas se Kyla deel van uitblinkers in AfriForum-kunskompetisie

Hoërskool Monument se Kyla Vermeulen is onder die wenners van die onderskeie kategorieë van AfriForum Sakenetwerk se eerste kunskompetisie in Pretoria.

Kyla Vermeulen van Hoërskool Monument is as die naaswenner in die 15 tot 18 jaar-kategorie van AfriForum Sakenetwerk se eerste kunsuitstalling in Pretoria aangewys. Die kunsuitstalling word in samewerking met AfriForum Teater by dié teater se galery, die Prag en Praal Kunskraal aangebied.

Dié uitstalling gaan gepaard met Sakenetwerk se Skolekuns-kompetisie, wat ook die kuns is wat uitgestal word. Kinders van regoor Suid-Afrika se kuns word tot einde Januarie 2022 by dié galery uitgestal. Meer as 100 van die inskrywings word uitgestal en te koop aangebied.

“By AfriForum Sakenetwerk wil ons kinders wat ’n liefde het om skeppend te wees juis aanspoor om ook dié talent te gebruik om vir hulself ’n toekoms te skep,” het Sanderien van der Walt, bestuurder van AfriForum Sakenetwerk gesê.

Dit is juis waarom die kuns ook te koop aangebied word – ons wil dié jong kunstenaars se entrepreneursdenke ontwikkel en bevorder deur hulle ook op hierdie wyse te ondersteun.”

Die publiek is welkom om by die Prag en Praal Kunskraal in Menlo Park, Pretoria, in te loer en kuns vir Kersfees te koop.

Van die wenners is van links Jayden Langenhoven (naaswenner in die 12 tot 14 jaar-kategorie), Kyla Vermeulen (naaswenner in die 15 tot 18 jaar-kategorie), Janel van der Merwe (wenner in die 12 tot 14 jaar-kategorie) en Heinrich van der Merwe (naaswenner in die 9 tot 11 jaar-kategorie). Agter is Carien Bloem (bestuurder van AfriForum Teater), Sanderien van der Walt (bestuurder van AfriForum Sakenetwerk) en Nikkie Kriel (projekassistent by AfriForum Sakenetwerk). Foto ingestuur.

Volgens Carien Bloem, bestuurder by AfriForum Teater, is een van hul oogmerke om ’n gemeenskapsteater te wees waar veral kinders kan tuis voel.

Deur dié uitstalling te ondersteun gee ons blootstelling aan jong kunstenaars en nooi ons graag ander kunstenaars uit om deel te wees van dié teatergemeenskap.”

Die wenners in die onderskeie kategorieë is: 6 tot 8 jaar: Lilly-Ann Brunette (wenner) en Hayden Liebenberg (naaswenner); 9 tot 11 jaar: Luhan Opperman (wenner) en Heinrich van der Merwe (naaswenner); 12 tot 14 jaar: Janel van der Merwe (wenner) en Jayden Langenhoven (naaswenner); 15 tot 18 jaar: Nika Carstens (wenner) en Kyla Vermeulen (naaswenner).

Elkeen van die wenners en naaswenners stap weg met kontant in hul sak – genoeg om weer terug te ploeg in die goeie werk wat hulle tot hier gebring het.

Die beoordelaars van dié kompetisie was Kobus Galloway (Idees Vol Vrees), Christelle Web-Joubert (RSG-aanbieder), Rozier van Tonder (fotograaf), Annemie Odendaal (kontemporêre kunstenaar) en Jana Nel (eienaar van ’n keramiekateljee).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button