NewsSchools

Twee Noordskool-onnies groet ná byna 100 jaar tussen hulle

Tersia Schoeman en Hannelie Niemand treë vanjaar af by Laerskool Krugersdorp-Noord na amper 'n eeu gesamentlik in die onderwys.

Elkeen van ons onthou daardie onderwyser wat altyd daar was vir ons en wat ‘n onmeetbare groot impak in ons lewens vorentoe gehad het.

Onderwysers is so ‘n integrale deel van grootword dat hul aftreëding ‘n merkbare gaping in ‘n skool kan nalaat, veral daardie onderwysers wat hul lewe lank in die bedryf was.

Tersia Schoeman en Hannelie Niemand is nou al 44 en 45 jaar onderskeidelik in die onderwys. So het die tyd aangebreek vir dié twee legendes onder die Laerskool Krugersdorp-Noord personeel om ‘n laaste maal totsiens te sê.

Tersia was gebore in die Kaap maar het haar pad tot in Roodepoort gevind. Sy het by Laerskool Jozua Naude en Hoërskool Roodepoort skoolgegaan voor sy by die Goudstadse Onderwyskollege gaan studeer het.

In 1978 het Tersia klas begin aanbied by Laerskool Delareyville en oor die jare was sy by Laerskool Wildehondepan, Migdol en Laerskool Wesrand Cons. In 1993 het sy by Noordskool begin en vir Graad 2’s, 3’s, 5’s en 6’e klas gegee.

Hannelie het self ook by die Goudstadse Onderwyskollege studeer en haar lewenslange droom vervul toe sy in 1977 by Noordskool begin het. Daar het sy vir Graad 2’s, 3’s en 4’s klas gegee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button