NewsSchools

Seënwense vir 2022 van Mullies

Laerskool Muldersdrif bedank die gemeenskap vir hul rol by die skool in 2021 en wens almal 'n geseënde feestyd toe.

Laerskool Muldersdrif wil graag vir die gemeenskap ‘n geseënde Kersfees toewens.

So baie seëninge en soveel genade. Dit was ons deel vanjaar. Ons kyk terug met dank op nog ‘n wonderlike jaar, ondanks onsekerhede en uitdagings.

Die Mullie-familie het opnuut besef watter waardevolle rol ons gemeenskap in ons skool speel, en kan nie anders nie as om ons opregte dank en waardering aan elke lid van ons gemeenskap uit te spreek.

Ons waardeer die ondersteuning en insette in ons skool opreg.

Koester hierdie Kerstyd saam met u familie en vriende. Mag ons almal soos die sterrekykers van ouds, na die Bron van Lig gelei word.

‘n Geseënde Kersfees vir u elkeen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button