Local newsNews

Help so die Burgershoop-voedingskema

'n Voedingskema in Burgershoop vra die gemeenskap vir donasies aangesien Januarie meestal 'n moeilike maand is vir die mense in die gemeenskap.

Die organiseerders van die Burgershoop-voedingskema vra die gemeenskap se hulp om te kan voortgaan met hul goeie werk.

Piet Bekker, hoof van die voedingskema in Burgershoop het vertel dat hulle regdeur die feesseisoen elke dag aan meer as 400 mense ‘n bord kos voorsien het. Hulle het ook lekkergoedpakkies en ‘n Kersete aan die gemeenskap uitgedeel.

Een van die mense wat kos kry by die voedingskema. Foto ingestuur.

Hy het vertel dat hulle daarmee wil aanhou maar dat dit maar moeilik is om donasies te kry, daarom vra hulle dat die gemeenskap hulle asseblief ondersteun.

Dit is Januarie en vir baie mense is dit ‘n moeilike maand om aan die gang te bly. Dit is Covid-19, daar is geen werk en geen geld nie. Selfs die bejaardes se pensioen kan amper net hul huur en een week se kos dek.”

Piet het gesĂȘ dat enige donasies hulle sal help. As jy bereid is om ‘n skenking te doen kan jy hom kontak by 065 280 0168.

Van die kos wat voorberei en uitgedeel word deur die voedingskema. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button