Maats Niah Booyens en Meagan Taljaardt wil graag die klok saam lui. Foto: Jaco Human.
Laerskool Kenmare het reeds vanjaar hul tradisies begin voortsit deur op die eerste dag van die nuwe skooljaar hul jaarlikse klokluiseremonie te hou.
Graad 1-leerders begin hul grootskoolloopbaan deur saam met hul ouers of voogde die skoolterrein deur die skool se hoofhek binne te stap waar skoolhoof Wouter Immelman saam met ander personeel en die Graad 7-leiers elkeen van hulle groet. Daarna lui elke graadeentjie die klok by die hek om hul nuwe begin as laerskoolleerders te simboleer.
Dinsdag, 11 Januarie was die tiende keer dat Graad 1’s die klok gelui het, en oor sewe jaar wanneer hulle klaarmaak met laerskool sal elkeen weer die klok lui voordat hulle ‘n laaste maal deur die hoofhek uitstap.
Kenmare het vanjaar sowat 150 Graad 1-leerders wat in vyf klasse verdeel is, elk met ‘n onderwyser en ‘n studente-onderwyser, wat beteken dat daar een onderriggewer vir elke 15 leerders is.
Peyton Geldenhuys is opgewonde oor haar eerste dag in die laerskool. Foto: Jaco Human.Logan Schutte lui die Kennies-klok op sy eerste grootskooldag. Foto: Jaco Human.Danica Holder is gereed vir die grootskool. Foto: Jaco Human.
Rowland Buchler lui die Kennies-klok op sy eerste dag in die laerskool. Foto: Jaco Human.
Kaylee Kruger sien uit na haar Graad 1-jaar. Foto: Jaco Human.Ruan Webster lui die Kennies-klok. Foto: Jaco Human.Ilze van der Merwe lui die Kennies-klok op haar eerste dag in die laerskool. Foto: Jaco Human.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.