NewsSchools

‘Deur genade’ brei Ambulante uit en verwelkom nuwe Graad 1’s

Die skooljaar het op Maandag, 10 Januarie vir Ambulanté Academy in Noordheuwel se Graad 1's begin en die hoof Jannie van der Merwe het vertel dat hulle meer as gereed was om al die ander leerders saam met die nuwes te verwelkom.

Die Graad 1’s van Ambulanté Academy in Noordheuwel het ook onlangs die grootskoolwêreld ingevaar.

Die skooljaar het op Maandag, 10 Januarie vir hul Graad 1’s begin en die hoof Jannie van der Merwe het vertel dat hulle meer as gereed was om al die ander leerders saam met die nuwes te verwelkom.

Hulle het verlede jaar besluit om die skool so ‘n bietjie uit te brei en het sommer vier nuwe klaskamers en ‘n snoepie aangebou. Hulle getalle het gestyg van net 33 leerders tot 80 vanjaar, en het boonop ses nuwe onnies aangestel.

Ons hoop vir die jaar is dat ons tevrede kliënte en spontane, gelukkige kinders sal hê,” het hy vertel.

Hulle beplan om vanjaar kitsgras in hul buite-area te lê en dan ‘n sportveld te ontwikkel. Jannie het gesê dat sport van kardinale belang is en dat die meeste van hulle leerders tans by die Khosa Klub aan sport deelneem.

Kellan Wilson kies die regte kleur vir sy inkleurprentjie op sy eerste dag in Graad 1.

Die privaatskool is geregistreer by die Departement van Onderwys en volg al die vereiste kurrikulums. Jannie het vertel dat dit God se genade is wat toegelaat het dat hulle so kon groei en dat daar nog groot planne vir die skool is.

Ons visie en missie is net gebed, gebed en gebed.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button