Juan Kruger was gretig om buite te gaan speel. Foto: Jaco Human.
Dit is weer daardie tyd van die jaar vir leerders van oral in die binneland om terug te keer klaskamers toe na ‘n lekker lang somervakansie.
By Laerskool Krugersdorp-Noord het die Graad 1’s op Woensdag, 12 Januarie saam met die skool se ouer leerders met klasse begin nadat ouers en voogde saam met die kleintjies by die skoolhek ingestap het en ‘n verwelkomingsessie in die skoolsaal bygewoon het. Toe was dit tyd vir die nuwelinge om hul juffroue en klasmaats te leer ken.
Menieke Roux en Caden McCarthy begin al vroeg met hul eerste klas. Foto: Jaco Human.
Die Graad 1’s het later die dag hul eerste atletiekuitdunne gehad en hulle sal reeds op 21 Januarie hul eerste atletiekdag hou.
Die eerste amptelike skooldag was reeds teen 12:00 vir die graadeentjies verby sodat hulle kon gaan rus na so ‘n besige dag. Hul skooldag sal vir die eerste twee weke van die eerste kwartaal om 12:00 eindig.
Menieke Roux speel buite na klas. Foto: Jaco Human.Meanique Smith speel buite op haar eerste dag in Graad 1. Foto: Jaco Human.Caden het pret op die speelgrond. Foto: Jaco Human.Juan Kruger was gretig om buite te gaan speel. Foto: Jaco Human.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.