NewsSchools

Graad R’s en 1’s verwelkom op egte Curro-manier

Laerskool Curro Krugersdorp gaan elke jaar van krag tot krag en kan vanjaar spog met 88 Graad R'e en 74 Graad 1's.

Laerskool Curro Krugersdorp gaan elke jaar van krag tot krag en kan vanjaar spog met 88 Graad R’e en 74 Graad 1’s.

Curro probeer hul klaskamers so klein moontlik hou sodat elke leerder gereeld gefokusde aandag van hul onderwysers kan ontvang terwyl ‘n goeie klasatmosfeer steeds gehandhaaf word.

Skylar Rundle klouter oor die speelraam. Foto: Jaco Human.

Dit was grootliks ‘n normale skooldag vir hierdie twee groepe toe die skool op Dinsdag, 11 Januarie heropen het.

Harry Bateman, Curro Krugersdorp Laerskool-hoof het verduidelik dat die meeste Graad R’e en 1’s die voorafgaande jaar of twee gewoond geword het aan die Curro-manier van dinge doen, en het reeds baie van hul klasmaats goed geken aangesien die meerderheid sedert hul kleuterskooldae in Curro Castle saam is.

Tenike Churr het pret op haar eerste dag in Graad R. Foto: Jaco Human.

Leerders het die eerste dag hoofsaaklik spandeer aan oriëntasie en geleer om in ‘n leergeöriënteerde struktuur te werk en in ‘n akademiese roetine te kom wat regdeur hul skoolloopbaan gehandhaaf kan word. Hulle het ook in klasverband deur die skoolterrein gestap en mekaar ook so beter leer ken.

Daardie aand was ook hul eerste oueraand, en op 15 Januarie kon hulle aan hul eerste laerskoolatletiekdag deelneem.

Janina Schutte kon nie wag om op die speelgrond te wees nie. Foto: Jaco Human.
De Wet Bissett geniet sy eerste dag in Graad 1. Foto: Jaco Human.
Kwano Lekota kon nie wag om te gaan speel nie. Foto: Jaco Human.
Duan Myburgh klouter oor die speelraam op sy eerste dag in Graad R. Foto: Jaco Human.
Liebe Muller kon lekker speel op die eerste skooldag. Foto: Jaco Human.
Tweeling Lucas en Willem Hefer ontmoet vir Bidi.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button