NewsSchools

Nuwe Mullies-maats vir 2022 amptelik verwelkom

Die opgewondenheid was duidelik en vrolikheid sigbaar in elke Graad-1 klas toe Mullies hul nuwe groep Graad 1's verwelkom het.

Laerskool Muldersdrif se nuwe groep Graad 1’s het op Woensdag 12 Januarie hul eerste amptelike dag van grootskool met ywer en trots aangepak.

Ds Sumari Redelinghuys het die dag met skriflesing en gebed geopen, en ‘n treffende boodskap vir die Mullie-maats gegee. Dit het aangesluit by ‘n deel van die skool se erekode wat lees, ‘Ek sal respek toon vir my Skepper …’.

Niemand was meer dankbaar vir elke Mullie-maat wat by Laerskool Muldersdrif ingeskakel het nie as skoolhoof Herman Byleveld.

Luan Carney.

“Die eerste skooldag het besonder effektief verloop. Ons graadeentjies het reeds vanaf Maandag 10 Januarie individueel by die Graad 1-personeel gekuier sodat die personeel die ouers en kinders beter kon leer ken. Die Graad 7 ‘s was ook daardie dag op die perseel vir onderrig en die ander grade is akkuraat en vinnig ingedeel om met akademie en aktiwitiete voort te gaan.

Dis ‘n reuseverantwoordelikheid vir ons as personeel en skool om vertrou te word met ouers, voogde en families se kinders – hul kosbaarste besitting. Elke kind is hul ouers se harte wat buite hul liggame rondbeweeg. Ons is bevoorreg en dankbaar om vir ‘n seisoen deel te wees van die leerders en hul families se lewens.

“Baie welkom by Mullies. Ons wens elkeen ‘n voorspoedige 2022 toe. Kom lewe ons skool se leuse, ‘Doen dit nou’, ten volle uit in alles wat ons aanpak.”

Madison Nkosi.

Die News het ‘n groep vrolike leerders in elke Graad 1-klas aangetref.

Erika Blake, ‘n Graad 1-juffrou het gesê, “Die eerste dag het baie goed verloop aangesien elke juffrou die maats reeds twee dae tevore ontmoet het. Die maatjies was gemaklik en sien uit na wat voorlê.”

Ben Basson.
Michiel Janse van Rensburg.
Liané Pentz.
Benjamin Gibhard.
Lindsey Maartens.
Willem Duvenhage.
Mogomotsi Seitshiro.
Dioné Botes.
Lücka Muller.
Theresa Nel.
Mené van Niekerk.
Abigail Viljoen.
Celeste du Toit.
Caleb Barkley.
Joshua Manthey.
Anri Bos.
Christoffel Lötter.
Isabella Jansen van Rensburg.
Quinton Swart.
Simoné Venter.
Christiaan Schumyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button