Skole-atletiek weer terug by Nories
Noordskool het onlangs hul eerste atletiekdag vir die jaar aangebied.
Dit wil voorkom of skole diĆ© jaar dalk weer na ‘normaal’ kan terugkeer na die ontwrigting van die afgelope twee jaar weens die pandemie.

Laerskool Krugersdorp-Noord het op Vrydag, 14 January die geleentheid met albei hande aangegryp om hul huissportatletiekdag te hou. Trotse ouers en toeskouers is ook weer terugverwelkom.

Van die Graad 1’s tot Graad 7’s was opgewonde om weer, of vir die eerste keer, op die skool se lieflike groen sportveld en in sonnige weer met hul maats te kompeteer.

Leerders het gewys dat niks hulle kon onderkry nie en talle atlete het hul items met groot erns aangepak. Hierdie eerste atletiekbyeenkoms het ook gedien as ‘n goeie opwarming- en oefensessie vir die groter atletiekbyeenkomste waaraan Noordskool binnekort gaan deelneem.
