LettersLocal newsNewsOpinion

BRIEF: Jy kan nie deesdae eers met R15k oorleef nie

Kan iemand vir my verklaar hoe 'n gesin van vier of vyf hul maandelikse verpligtinge moet nakom met R15 000?

• Ben le Roux van Krugersdorp-Noord skryf:

Ek lees dat die gemiddelde salaris in ons land tans +- R15 000 per maand is. Kan iemand vir my verklaar hoe ‘n gesin van vier of vyf hul maandelikse verpligtinge moet nakom?

Kom ons neem net die volgende noodsaaklike verpligtinge in ag. Huis = R6 000; munisipale dienste – R2 400; skoolfonds – R5 000; kruideniersware – R5 000; brandstof – R5 000; medies – R7 000 = ‘n totaal van R30 400. Geen wonder ons is so diep in die skuld nie.

Ek het reeds in 2016 die stelling gemaak dat die take home-salaris in 2025 minstens R50 000 per maand moet wees ander sal oorlewing half onmoontlik wees, en ons kinders gaan daaronder ly.

Gee diegene wat in beheer is regtig om?

Ek praat nie net van die regering nie maar van almal wat in beheer is wanneer tariewe verhoog moet word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button