CrimeNews

Sewe insidente van saakbeskadiging, 28 in totaal in Mogale in ses dae

EPR-sekuriteit het hul jongste misdaadverslag bekendgestel en daar is sewe gevalle van saakbeskadiging uit die 28 voorvalle by die maatskappy aangemeld.

Saakbeskadiging was in die tydperk van 1 tot 6 Februarie heel bo aan die lys van die 28 insidente wat by EPR-sekuriteit aangemeld is.

Die sekuriteitsmaatskappy se jongste misdaadverslag toon dat hulle sewe keer uitgeroep is vir saakbeskadiging, ses keer vir diefstal, en drie keer vir aanranding.

Also read: Close to 30 incidents reported to EPR this past week

Hulle het ook op twee klagtes van diefstal, twee van huisbraak en vier van oop deure gereageer. Die ander insidente op die lys is een elk van poging tot huisbraak en natuurskade, ‘n mediese geval en ‘n geregtelike doodsondersoek.

Twintig van die insidente was tussen 12:00 en 00:00, terwyl die ander agt in die vroeë oggendure plaasgevind het.

EPR se volledige verslag:

Misdaadinsidente wat van 1 tot 6 Februarie by EPR in Mogale City aangemeld is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button