Local newsNews

Geliefde bejaarde oorlede op 91

Annetjie Kotze wat in 1930 in Krugersdorp gebore is, is in die ouderdom van 91 oorlede.

Annetjie Kotze, ‘n geliefde ma, ouma en bekende in die dorp is onlangs in die ouderdom van 91 oorlede.

Tannie Annetjie is in 1930 in Krugersdorp gebore en het 65 jaar in dieselfde huis gewoon. Sy het 11 jaar gelede sarkoïdose (‘n longsiekte) opgedoen en twee jaar gelede baie siek daarvan geword.

Volgens Susan Kotze, haar enigste dogter en een van drie kinders, is haar ma op Donderdagaand 3 Februarie vanjaar na ‘n privaathospitaal in Wilgeheuwel geneem as gevolg van ‘n suurstoftekort. Twee dae later, op Saterdag 5 Februaie is sy weens ‘n ligte hartaanval en hartversaking oorlede.

Sy was so ‘n sterk vrou; ek het gedink sy sal net weer huis toe kom. My ma wou net altyd almal help, veral die kinders. Sy was ‘n baie sterk en liefdevolle ma en ouma,” het Susan gesê.

Susan en haar man Malcolm het in Oktober 1995 die voorblaaie gehaal toe hulle in die Krugersdorp Privaathospitaal se intensiewesorg-eenheid getroud is waar haar pa Louis baie ernstig siek was. Louis is minder as twee jaar later, op 22 Maart 1997, na ‘n siekbed van sewe jaar oorlede.

Tannie Annetjie word oorleef deur haar twee seuns Jan (oudste) en Louis Kotze, skoondogter Ronel Kotze, Susan, kleindogter Christie-Anne Wolmarans, aangetroude kleinseun Gerhard Wolmarans, kleindogter Anelize Hendrikz, kleindogter Corne Notnagel, aangetroude kleinseun Andries Notnagel, kleindogter Kristene Dietrechsen en aangetroude kleinseun Wessel Dietrechsen, plus drie agterkleinkinders Pieter, Louis en Leandri.

‘n Diens is vir tannie Annetjie op Woensdag, 9 Februarie by die NG Gemeente Krugersdorp-Oos gehou.

Lees volgende week se News vir die volledige berig.

Die koerantberig oor die dood van tannie Annetjie se man Louis. Hul dogter Susan en haar man Malcolm het in Oktober 1995 die voorblaaie gehaal toe hulle in die Krugersdorp Privaathospitaal se intensiewesorg-eenheid getroud is waar Louis baie ernstig siek was. Louis is minder as twee jaar later, op 22 Maart 1997, na ‘n lang siekbed oorlede. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button