NewsSchools

Norienes bring inry terug!

Leerders het in hul eie bokskarre in die inry gesit en fliek.

Dit was fliekaand by die Norienes, en die kleingoed en hul ouers het hul kreatiwiteit laat vloei vir ‘n aand vol pret.

Die kleuterskoolleerders kon elkeen vir hulle ‘n bokskar bou en versier soos hulle wou, en die aand by die hek van Laerskool Krugersdorp-Noord se sportterrein ‘inry’ en voor ‘n grootskerm op die veld parkeer. Ouers kon met hul regte voertuie inry en dieselfde doen, en dan van binne hulle voertuie of op kampstoele of piekniekkomberse buite na die fliek kyk.

Johandrè Joubert het vir hom ‘n ruim Volkswagen Kombi-bokskar gebou. Foto: Ingestuur.

Estie Ellis, Norienes-hoof het gesê, “Omdat gesinne vir ons by Norienes so belangrik is, is dit ‘n spesiale projek waardeur die hele gesin tyd saam kan spandeer. Dit het ongelukkig begin reën en in plaas van om te ry het die ouers gebly en almal het net hul karre nader getrek en bly fliek kyk, wat ek dink baie oulik was van die ouers. Dit was vir die kinders ‘n groot opgewondenheid!”

Dié geleentheid is laas in 2018 gehou maar in die vorm van ‘n pa-en-kind-aand, maar dié keer kon die hele gesin saam na die animasierolprent Sing 2 onder die naglug kyk.

Sheniké Kers het soos ‘n prinses gevoel in haar Elsa van Frozen-kroon en -bokskar. Foto: Ingestuur.

“Dit was baie lekker om in hierdie moeilike omstandighede ons ouers en kinders saam gelukkig te kon sien.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button