NewsSchools

Arri die arend is nog ‘n jaar ouer

Noordskool se gelukbringer, Arri die arend het onlangs nege jaar oud geword en kon sy verjaarsdag met al sy Norie maats deel.

Laerskool Krugersdorp-Noord se eie gelukbringer is vanjaar al nege jaar oud. Sy maats, leerders en personeel het Vrydagoggend, 25 Februarie op die sportveld bymekaar gekom om hom geluk te wens.

Arri woon die meeste skoolgeleenthede by, en is altyd die eerste een om ‘n paviljoen vol mense op hul voete te kry en te laat dans. Arri het oor die jare sy danspassies op die maat van Shakira se Waka Waka goed verfyn en leerders het al leer saam dans en sing aan die begin van talle geleenthede.

Vrydagoggend het al die stemme in die skool gelyk “Arri, Arri, Arri!” geroep om hul geveerde gelukbringer na die sportveld toe te lok.

Die brullende handvol motorfietse het eers Arri se aankoms vanaf die straat aangekondig, en toe gaan die sportveldhek oop. Daar daag Arri toe in ‘n hot rod saam met die All For One-motorfietsklub op.

Heinrich Auf en Arri arriveer by die skool. Foto: Jaco Human.

Daarna het Waka Waka oor die luidspreker begin speel en Arri het sy dansroetine oor die veld uitgevoer terwyl leerders en onderwysers hardop saamgesing het. Nadat die leerders vir Arri gesing het, is ‘n pragtig versierde koek met eetbare figure van Arri en ‘n paar leerders daarop deur hoofleiers Iwan Oosthuizen en Caylee Jonker oorhandig.

Die leerders het ook elkeen ‘n masker volgens die arendtema by die huis gemaak, die meeste met kleurvolle vere daarop, en dit die dag skool toe gedra om hul skooltrots vir Arri te wys.

Arri voer sy Waka Waka-dans uit. Foto: Jaco Human.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button