Grenadella rank nou al 27 jaar lank
Met liefde en baie aandag groei hierdie grenadellaplant al sowat 27 jaar met geen einde in sig nie.
Dit het in 1995 met ‘n handvol steggies begin. Henk Putter het nie besef sy vingers was só groen nie, maar toe sy eerste grenadellaplant die eerste vrug dra, het iets binne hom wakker geword.
Hy het sy groeiende passie oorgedra na die wortels van hierdie rankplant en binne ‘n paar maande kon hy sy eerste vars grenadella oopsny en saam met familie geniet.
Nou, 27 jaar later deel Henk sy geluk en vreugde met ander in die gemeenskap. Krugersdorp se inwoners het hom oor die jare al menige kere gekontak en elke keer het hy, sonder om te huiwer, steggies van dié plant vir ander gegee.

Henk wil graag aanhou steggies vir ander tuinmakers in die area uitdeel en vra dat diegene wat belangstel vir hom ‘n boodskap op WhatsApp stuur by 084 454 0498.
Die enigste voorwaarde is dat mense dit self by hom moet gaan haal. Hy het ook genoem dat hy hoogstens tien steggies per persoon sal gee, maar indien iemand meer as dit wil hê sal hy R50 vir elke vyf steggies moet vra.
Lees die volledige storie in volgende week se News.

