Local newsNews

Caxton-redakteur help viervoetkinders van die Roodepoort/ Krugersdorp DBV

Roodepoort Record- en Roodepoort Northsider-redakteur, Adele Bloem het onlangs skenkings wat sy tydens haar verjaarsdagmaand ingesamel het, by die Roodepoort/ Krugersdorp DBV afgelaai.

Die redakteur van een van die News se susterkoerante het onlangs ‘n aantal die diere wat hulp kort se lewens ‘n bietjie beter gemaak deur vir hulle kos te neem.

Roodepoort Record– en Roodepoort Northsider-redakteur Adele Bloem het die donasies wat sy tydens haar verjaarsdagmaand in Februarie ingesamel het op Saterdag, 5 Maart by die Roodepoort/ Krugersdorp DBV in Florida gaan aflaai.

Dit is dalk nie baie nie en mense mag dalk dink dit maak nie ‘n verskil nie, maar elke bietjie help,” het Adele vertel.

Sy het die volgende aanhaling van oudpresident Ronald Reagan gebruik: “We can’t help everyone, but everyone can help someone”.

Roodepoort/Krugersdorp DBV-bestuurder Mandy Cattanach het vertel dat dit verstommend is dat daar lede van die publiek is wat heel eerste aan al die mishandelde, verdwaalde, verlate en ongewenste diere dink.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button