Noordskool-atlete pronk in die Gauteng-Wes-span
10 Noordskool atlete sal op Vrydag, 11 Maart aan 'n provinsiale kampioenskap in Pretoria deelneem.
Laerskool Krugersdorp-Noord kan vanjaar met tien van hul top atlete spog wat in die Gauteng-Wes-span opgeneem is om die Distrik by die Gauteng Provinsiale Atletiekkampioenskappe te verteenwoordig.
Sowat 120 atlete van skole van regoor Gauteng gaan op Vrydag en Saterdag, 11 en 12 Maart by die Pilditch Stadion in Pretoria-Wes meeding.
Atlete moes onlangs ‘n eerste of tweede plek behaal het tydens die Gauteng-Wes Kampioenskappe om die span vir diĆ© kampioenskappe te haal.
Lindi Pio het dit reggekry in die verspring; Taya Pelser in die 1200m; Jan Kruger in die 1200m; Anya Coetzee in die 70m hekkies; Iwan Oosthuizen in die 80m hekkies; Christopher Strauss in die spiesgooi en gewigstoot; Nadia Strydom in die verspring, hoogspring en spiesgooi; Anke Steenberg in die 1200m; Isabelle Groenewald in die verspring; en Ruben Kruger in die verspring.
