NewsSchools

Laerskool Randfontein hou suksesvolle gholfdag in Krugersdorp

Die somber weer kon nie die talle gholfspelers keer om Laerskool Randfontein se jaarlikse gholfdag te ondersteun nie.

Die somber weer kon nie die talle gholfspelers keer om bymekaar te kom om Laerskool Randfontein te ondersteun tydens hul jaarlikse gholfdag nie.

Vroeg op Donderdag, 17 Maart het spelers by die Krugersdorp gholfbaan arriveer om die dag saam met die skool te geniet en ‘n geselige ronde van gholf te speel.

RAM se gholfdag was vol pret gewees, met elke speler gefokus op die spel en almal het altyd een hou beter probeer slaan as hul spanmaat.

Organiseerder van die gholfdag, Steve Greyvenstein het vertel dat die dag ‘n reuse sukses was en dat dit elke jaar ‘n reuse sukses is as gevolg van hul borge en die gemeenskap wat so vrywillig is om elke jaar te help.

Die gholfdag is ten bate van die skool, elke jaar se gholfdag fondse word aangewend vir ons kinders en vir die gemeenskap en ons gebruik dit soos ons goed dink”.

Hy het verduidelik dat hierdie jaar se gholfdag fondse gebruik gaan word vir ‘n nuwe krieket turfblad op die skool se A-veld wat hul wil insit.

Laerskool Randfontein wil ook dankie sê aan hul borge wat die dag moontlik gemaak het: Nate’s Restaurant, EPR, Trifonics, Noble Properties, NWK Retail, Jawitz Properties, Ben Morgenrood Group en Hoërskool Riebeeckrand.

Charles Bodenstein en Dean Nelson. Foto: Michelle Roodt.
Miranda Carlson, Sanrie Nell, Danielle van Rooyen, Elma Seraiva en Marlie Potgieter. Foto: Michelle Roodt.
Andries Taljaard en Gerhard Mulder. Foto: Michelle Roodt.
Mario De Magalhaes en Jaco van Heerden. Foto: Michelle Roodt.
Steve Greyvenstein en Jano Lourens. Foto: Michelle Roodt.
Lisa Huisman, Zelda Liebenberg, Shamyra Moonsamy, Thana Cronje en Carla Cato. Foto: Michelle Roodt.
Koos Seaman en Neels Kotzè. Foto: Michelle Roodt.
Thinus Nortje en Coenraad van Wyk. Foto: Michelle Roodt.
Franz Gerber, Corrie Pruis, Anton Gerber en Anton Pruis. Foto: Michelle Roodt.
Evert du Plessis en Jooste Henning. Foto: Michelle Roodt.
Janco Tiedt en Johan Tiedt. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button