‘n Gholfdag vir ‘n goeie doel
Cross Connect Community OUtreach het weereens 'n suksesvolle gholfdag aangebied om geld in te samel vir hul Huis Nehemia en ander projekte.
Dit is al wel bekend dat die Cross Connect Community Outreach-organisasie daagliks hulp verleen aan talle huishoudings regoor die Wes-Rand.
Die organisasie het egter ‘n groot hoeveelheid fondse nodig om soveel kos, huishoudelike items en ander hulp te kan gee, en is grootliks daarvoor van die gemeenskap se skenkings afhanklik.
CCOO-stigter Kyle Tolman en sy span het op Vrydag, 18 Maart weer hul jaarliks gholfdag by die Krugersdorp-gholfklub aangebied om hulle te help om meer van hul doelwitte te bereik.
Ons doel met die gholfdag is om fondse in te samel om ons maandelikse uitgawes te dek wat ons werk moontlik en volhoubaar maak. Ons is tans in die proses om ons huis vir veiligheid, Huis Nehemia te vergroot.
“Daar is 15 kinders in die huis en dit is vol. Ons het ‘n eiendom gekoop wat 30 kinders kan akkommodeer, asook ‘n minibus om die kinders mee te vervoer. Ons het fondse nodig wat hierdie projek kan ondersteun,” het Lisa Kok van CCCO vertel.

Na die dag se spel is pryse aan die spelers in die eerste drie plekke toegeken op grond van die tellings wat hulle op die baan behaal het. Daar was ook ‘n veiling en lootjietrekking.
Ons pryse het ‘n LED TV van Mogale Auctioneers, ‘n spabewys van Glenburn Lodge, middagetebewyse van die Cradle Valley, Wi-Fi Smart-kameras en slimhorlosies van Eiferer, Tupperware-pakke en vele ander pryse van verskillende skenkers ingesluit.”
CCCO sal teen Oktober nog ‘n gholfdag aanbied om hulle te help om die organisasie en hul huis te onderhou.
Lisa het laastens gesê, “Ons sal baie graag ‘n groot sukses van ons gholfdag in Oktoberwil maak, en vra van die gemeenskap om ons webtuiste en Facebook-blad dop te hou vir meer inligting oor hoe hulle ons kan ondersteun”.




