NewsSchools

Pret in ‘n mandjie by Curro

Curro Krugersdorp het hul jong leerders uitgedaag om voor die skoolvakansie iets anders as hul alledaagse skooltasse te gebruik.

Die skooltas-uitdaging is een waaraan talle skole op verskeie plekke in die wêreld, en ook in ons land al deelgeneem het as ‘n prettige manier om kreatiwiteit onder leerders te bevorder.

Curro Krugersdorp Primary School-onderwysers het hul jong leerders in elke graad uitgedaag om die Woensdag voor die skoolvakansie hul kreatiwiteit te laat vloei en iets anders as hul alledaagse skooltasse te gebruik om hul boeke, skryfbehoeftes en kosblikke in skool toe te bring.

Die leerders het nie daarvoor teruggedeins nie en met hul skoolgoed in potte, wasgoedmandjies, ‘n karband, ‘n broodblik en selfs ‘n paar grassnyerbakke by die skool opgedaag waar al die maats saam vir mekaar se snaakse idees gelag het.

Die res van die skooldag het normaal verloop, behalwe dat die kreatiefste ‘skooltasse’ later gekies is en hul eienaars pryse ontvang het.

Bumbiwa Khumalo kon al sy boeke en skryfgoed in ma se wasgoedmandjie inpas. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button