Local newsNews

‘n Skoonheid met ‘n hart van goud

Ashley van den Berg is vanjaar se Miss Westrand en Miss Junior Krugersdorp, en sy werk alreeds hard om haar gemeenskap te help.

Ashley van den Berg wou op net 18 jaar oud bewys dat ouderdom mens nie moet terughou nie en dat jy enigiets kan bereik indien jy jou hele hart daarop plaas,

Sy wou graag meer vir die gemeenskap doen en het in haar matriekjaar as ‘n Hoërskool Noordheuwelleerder besluit om die Miss/ Mr/ Mrs Krugersdorp-pad te stap.

“Ek was besig om vir die Besigheidstudieseindeksamen te leer toe tannie Dominique (Tibbles) my ma gebel het om met my te praat. Sy het my vertel van ‘n geleentheid wat sy geglo het ideaal vir my was. Ek was baie huiwerig en het vir God gevra om vir my ‘n teken tr gee. Drie dae het verbygegaan en toe droom ek daaroor.

Ek het geweet dit is iets waardeur ek ‘n verskil sal kan maak.”

Dominique het vertel dat die beoordelaars so beïndruk was met alles waarmee Ashley reeds op so ‘n jong ouderdom besig was dat sy nie net as Miss Junior Krugersdorp gekroon is nie, maar ook as Miss Westrand.

“Hulle het gevra wat ek wou bereik as ek die titel sou wen. Kinders help is my passie. Ek wil volgende jaar ‘n LLB in Familiereg met Opvoedkundige Sielkunde deeltyds gaan studeer.

Ashley van den Berg is as Miss Westrand en Miss Junior Krugersdorp 2021/2022 gekroon. Foto: Jaco Human.

“Ek kom agter dat mense in die gemeenskap, en selfs my vriende en kennisse, geen selfwaarde het nie. Kinders probeer dit op die verkeerde plekke kry, en by die verkeerde mense.”

Daarom is Ashley se fokus nou op wat sy noem haar #youth4you-projek en op die organisasie wat sy wil stig waardeur sy kinders kan motiveer, geestelik ondersteun en in sekere van hul behoeftes voorsien, soos klere, toiletware en finansies waar nodig.

Krugersdorp Hof sukkel ‘n bietjie wanneer die kinders gaan getuig. Baie van die kinderkamers het nie genoeg goed soos teddies nie. Die kinders wat kom getuig het ook nie die oggend geëet nie.

“Ek maak nou maandeliks tien pakkies op met toiletware soos ‘n waslap, onderarmgoed, seep, sjampoe en room, en ‘n tweede pakkie met lekkergoed, waarvan een ‘n hawermoutstafie is, ‘n pakkie sop, koeldrank, skyfies en ‘n teddie met ‘n inkleurboek en kryte.”

Ashley het op Dinsdag, 29 Maart vir die die eerste keer hierdie pakke by die Krugersdorpse Kinderhof gaan aflewer.

“Ek het baie staat gemaak op my morele waardes om myself vir die kompetisie voor te berei. Dit was nie vir my noodwendig ‘n struikelblok nie, maar baie dele en situasies met die projekte gedurende die kompetisie was vir my moeilik. Dit was moeilik in die Covid-19 tydperk; ek moes besighede kry as borge, maar hoe kon hulle iemand borg as hulle self sukkel om kop bo water te hou? Gevolglik moes ek baie dinge uit my eie sak betaal. Ek het naweke by my ma gaan werk net om ‘n bietjie te help. Dit was net God wat my deur die proses gebring het,” het sy verduidelik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button