NewsSchools

‘n Nuwe soort naskoolsentrum in Kenmare

Mogale City-burgemeester Tyrone Gray het die rooi lint geknip en die sentrum amptelik geopen.

Makarios beteken ‘gelukkig’ en ‘geseënd’ in oud-Grieks. Dit is presies die gevoel wat Herman Smit wou skep vir die jongklomp wat hul middae van vroeg in Januarie tot laat in Desember by sy naskool deurbring.

Herman is nou al ‘n hele paar dekades in die bedryf en het vir baie jare die naskoolsentrum op Laerskool Kenmare se gronde bedryf. Aan die einde van die eerste kwartaal vanjaar het hy sy nuwe sentrum in ‘n huis in ‘n straat verder aan gestig, genaamd die Makarios Kampus.

Herman het verduidelik dat hy ‘n omgewing wou skep wat nie soos skool voel nie, maar soos ‘n kind se tweede huis. Om dié rede is die sentrum in ‘n groot huis met baie gras en speelplek gevestig, en daar is items wat mens nie maklik in ander soortgelyke sentrums sal aantref nie, soos ‘n Xbox, potspeltafel, vingerbord en vele ander speletjies. Daar is natuurlik tafels waar die leerders hul huiswerk kan doen, met die ander geriewe soos ‘n kombuis en badkamers wat mens by so ‘n sentrum verwag.

Die kleuterskool oorkant die skool behoort ook reeds nagenoeg 33 jaar aan ons, dus gaan dit ons lewe lank nog net oor kinders, kinders, kinders,” het Herman laggend vertel.

Die Makarios-personeel, -leerders en hul ouers het op Vrydag, 18 Maart nadat die skole vir die kwartaal gesluit het, van Kenmare se hek af padlangs gestap tot by die nuwe sentrum. Mogale City-burgemeester Tyrone Gray het die rooi lint geknip en die sentrum amptelik geopen.

Lourens Gouws, die VF Plus-raadslid vir die wyk ken vir Herman al lank en het gevoel dat die opening van hierdie nuwe tipe naskoolsentrum ‘n belangrike gebeurtenis in die gemeenskap was, en het sy ondersteuning gewys deur self daar te wees en ook vir Tyrone daarheen te nooi.

Raadslid Lourens Gouws, burgemeester Tyrone Gray en Herman Smit by die opening van die Makarios Kampus. Foto: Jaco Human.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button