Local newsNews

Paashaas laat kinderharte hop

Sektor 4 van die Krugersdorp GPF het onlangs weer hul jaarlikse Paasrit gedoen en baie kinders het 'n lekker Paaseier gekry.

Kinderharte het gebons die naweek toe die Paashaas deur die strate van Wentworth Park, Monument en Noordheuwel gery het om Paaseiers uit te deel.

Sektor 4 Gemeenskapspolisiëringsforum het elke jaar ‘n Paasrit gehou maar weens Covid-19 kon hulle dit vir ‘n paar jaar nie doen nie. Toe die geleentheid hierdie jaar opduik het hulle dit aangegryp.

Tinus Pelzer, die sektor se kommunikasiekoördineerder het vertel dat hulle baie bly was om weer die rit te kon aanpak. Al het die weer almal laat asem ophou, kon hulle op Saterdag, 8 April die Paashaas deur hul sektor se strate neem.

Tregear Ferrall (die Paashaas) en Hlurile Vanessa Shipalana maak reg vir die rit. Fotos: Natasha Pretorius.

Teen 15:00 het EPR- en Mapogo-sekuriteit by die Sektor 4-lede aangesluit en die span het eers deur Mindalore gery waar hulle by Wings of Inspiration stilgehou het. Die Paashaas was skaars van die trok af toe kindertjies deur die hek gepeul het om hom ‘n drukkie te gee en ‘n Paaseierpakkie by hom te kry.

Daarna is hulle Monument toe waar hulle by die Bethany-huis gestop het, en van daar is hulle Noordheuwel toe waar hulle by die Hasiepark stilgehou het.

Tregear Ferrall was die gesig agter die haasore en hy het behoorlik tyd gemaak vir elke kind.

Die span net voor hulle die rit deur die sektor aangepak het.

Volgens Tinus wou hulle graag met die rit sigbaarheid bevorder en ook sommer ‘n paar kinderharte bly maak. Hy het vertel dat die lede self fondse bygedra het om die pakkies op te maak en hulle het ‘n paar skenkers ook gekry.

Die trok vir die rit is deur X-treme Driving Academy geborg.

Sektor 4 se brandweermotorfiets.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button