AfriForum se 16 buurtwagte in Gauteng neem aan massapatrollie deel
'Altesaam 272 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en ’n totaal van 9 860 km in 132 voertuie afgelê' – AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.
Die massapatrollie is uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Foto: Unsplash. Vir illustrasiedoeleindes.
Die 16 AfriForum-buurtwagte in Gauteng het op onlangs in samewerking met die polisie, die plaaslike GPF’s, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep.
Die patrollie het omstreeks 18:00 (Vrydag 8 April) begin en tot 06:00 die volgende oggend (Saterdag 9 April) voortgeduur.
Altesaam 272 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en ’n totaal van 9 860 km in 132 voertuie afgelê.
Die Gauteng-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die polisie en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder,” het Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.