Stasie 38 neem afskeid van hul hart
Die hart van Stasie 38, dit is hoe Mariaan Scholtz beskryf is toe haar vriende en familie onlangs van haar moes afskeid neem.
Na meer as 30 jaar by die brandweer moes die Krugersdorp-stasie onlangs afskeid neem van een van hul mees geliefde lede, Mariaan Scholtz.
Die 55-jarige Mariaan was vir meer as 35 jaar deel van die brandweer en sy is op 11 April oorlede nadat daar in November verlede jaar lewer- en pankreaskanker by haar gediagnoseer is.
Haar niggie Liezel Vermeulen het vertel dat Mariaan maar nog altyd aan die Wes-Rand gewoon het, en het in Florida by haar ouers grootgeword. Liezel se ma, Daleen Burrows het destyds by die brandweer gewerk en vir Mariaan ‘n pos daar gekry.
Annatjie Theunissen-Oosthuizen het vertel dat sy en Mariaan sielsgenote en lewensmaats was, en dat Mariaan se passie in die lewe was om mense te help.
Wanneer sy vir Mariaan beskryf noem sy haar ‘n vegter. “Jy kry nie so ‘n brave mens nie en as jy so iemand ontmoet moet jy aan hom vashou,” het sy hartseer vertel.
Sy was ‘n vreeslik pligsgetroue, passievolle mens wat lief was vir haar werk,” het Liezel bygevoeg.
Annatjie en Liezel het ‘n gedig gedeel wat Mariaan vir hulle gegee het.
I’m still here
I may be gone but please don’t cry
Death is not the last goodbye
Death releases me from my pain
There will come a day we will meet again
Don’t be blue and don’t be sad
Think back to the fun we had
I am always here I hear you speak
In time of troubles it’s me you seek
You don’t see me but I see you
I will do my best to pull you through
Speak to me and I will hear
Never far I am always near
Be brave my love do not cry
See you again it’s not goodbye.
Lees die volledige artikel in volgende week se 29 April-uitgawe van die News.
