Kennies-kleuters ondersteun SF-lyer
Die kleuters van Kennies Kleuterskool het onlangs almal in pers gepronk as deel van 'n projek om vir 'n inwoner wat aan sistiese fibrose ly, geld in te samel
Die kleuters van Kennies Kleuterskool het onlangs almal in pers gepronk as deel van ‘n projek om vir Zani Brits geld in te samel. Die doel is om die medisyne te kry wat sy nodig het.
Lees die oorspronklike storie hier: Siekte kry Zani nie onder
Zani ly aan sistiese fibrose en daar is nie meer medisyne in Suid-Afrika beskikbaar om haar te help nie. Die medisyne wat Zani nou nodig het kos om en by R60 000 en moet van Argentinië af ingevoer word.
Om te help geld insamel het haar familie plakkers gemaak en teen R20 elk by skole verkoop. Die leerders kon dan op 25 Mei iets pers aantrek ter ondersteuning van mense wat aan sistiese fibrose ly.
Kom meer te wete oor Zanie en haar pad met SF by www.lungs4zai.co.za.


