SF-lyer lê Kennies na aan die hart
Laerskool Kenmare gooi hul volle gewig in agter inwoner wat aan 'n ongeneeslike siekte ly.
Laerskool Kenmare het as skool gewys hy gee om deur die massa fondsinsamelingsprojek vir ‘n SF-lyer te ondersteun.
Seuns en dogters geklee in alles wat pers is het op Woensdag, 25 Mei plakkers verkoop om geld in te samel vir Zani Brits wat haar hele lewe lank al aan sistiese fibrose (SF) ly. Na amper 34 jaar is daar niks wat medici in Suid-Afrika meer vir haar kan doen nie. Maar daar is hoop … dit is net baie duur.
Lees ook: Siekte kry Zani nie onder
“Ons het besluit om ‘n gewoneklere-dag te hou en die fondse na haar trust toe te kanaliseer om te help met die finansiële implikasies van haar toestand. Herman Smit, Zani se pa het die skool genader om te help,” het Kennies-sporthoof Peter du Toit gesê.
Die News het al berig dat Herman jare lank die naskoolsentrum op Laerskool Kenmare se gronde bedryf het en aan die einde van die eerste kwartaal vanjaar sy nuwe sentrum geopen het in ‘n huis nie ver daarvandaan nie, wat nou as die Makarios Kampus bekendstaan.
Lees ook: ‘n Nuwe soort naskoolsentrum in Kenmare
Laerskool Kenmare sal altyd help om ‘n verskil te maak. Ons mense lê ons na aan die hart.”
Jy kan meer oor Zani lees en met die familie in verbinding tree deur middel van hul webtuiste www.lungs4zani.co.za.

