Local newsNews

Stop nou die verhoging van brandstofbelasting – IRR

Die Instituut vir Rasseverhoudings (IRR) voorspel dat Suid-Afrika tot stilstand gebring sal word indien die verhoging van brandstofbelasting nie gestop word nie.

Die petrolprys sal Woensdag na verwagting bo R25 per liter styg en dit sal bydra tot die toenemende las op pendelaars, motoriste en verbruikers het die Instituut vir Rasseverhoudings (IRR) gesê.

Volgens Gabriel Crouse, hoof van veldtogte by die IRR, lyk dit of interne verdeeldheid in die kabinet in die pad van ‘n eenvoudige oplossing staan – die uitbreiding van die brandstofheffingsverligting wat voorheen aangekondig is deur minister van finansies, Enoch Godongwana, moontlik gevolg deur meer strukturele hervormings aan die belasting op die beweging van mense en goedere.

Minister Godongwana het verlede week gesê “iets moet gedoen word” aan die dreigende verhoging in petrolbelasting, wat hy beskryf het as ‘n “stomp instrument” wat “deur voedselpryse sny” terwyl die lewenskoste in die algemeen verhoog word. Sonder intense en onmiddellike openbare druk om hierdie nugtere beoordeling te steun, sal niks eintlik gedoen word nie.

“Cosatu en die DA het albei openbare drukveldtogte van stapel gestuur om Suid-Afrika te probeer red van ‘n belastingverhoging by die petrolpomp. Die DA het verder gegaan deur aan te voer dat die brandstofheffing geskrap moet word. Dit sal R90 miljard in die hande van gewone Suid-Afrikaners terugplaas om inflasie ‘n uitklophou te gee.

“Minister Godongwana het ook verlede week daarop gewys dat terwyl Suid-Afrika inflasionêre risiko’s in die gesig staar van globale uitdagings buite sy beheer, “die petrolkwessie tot hierdie risiko’s bydra. Dit beteken dat die bedrag beperk word wat vir ekonomiese ontwikkeling beskikbaar moet wees”.

“Hoe meer die regering beweging belas, hoe duurder word dit om te reis of handel te dryf, wat op sy beurt kostes regdeur die ekonomie verhoog. Dit is absurd om die oplossing van ‘n probleem wat die ekonomie belemmer uit te stel en die gevaar te loop dat Suid-Afrika tot stilstand gebring sal word. Stop nou die belastingverhoging.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button