Jan de Klerk se 1972-matrieks kuier saam
Die groep het op Saterdag, 23 April by Sleepy River op die oewer van die Magaliesrivier bymekaar gekom toe hulle hul 50ste matriekreünie gevier het.
Vyftig jaar nadat die 1972-matrieks van Hoërskool Jan de Klerk die skool verlaat het, is hulle steeds boesemvriende. Natie Spangenberg het vertel dat sy nie kon glo hulle is al 50 jaar uit die skool nie.
Die groep het op Saterdag, 23 April by Sleepy River op die oewer van die Magaliesrivier bymekaar gekom toe hulle hul 50ste matriekreünie gevier het. Hennie en Mari Craukamp, die eienaars van Sleepy River was ook deel van die 1972-matrieks.
Natie het vertel dat die funksie om 10:00 begin het met ‘n heerlik ontbyt en daarna het Andre Changuion vir die groep gebid. Alfred Ayers was die seremoniemeester. Vir middagete het almal lekker gebraai.

In sy verwelkoming het Alfred gesê dat 50 jaar ‘n leeftyd is en dat hulle as jong mense nie eers daaraan gedink het nie. Nou kyk mens terug oor die laaste 50 jaar en wonder waar die tyd heen is.
Dit was so gesellig om nuus uit te ruil, en met al die ‘onthou jy’-stories is ons teruggevoer na ons tienerjare. Ons het tot laat die middag gekuier en probeer om 50 jaar se lief en leed in een dag in te prop!”




