CrimeNews

Nege diefstalinsidente in net ses dae, 32 in totaal in Mogale – EPR

Diefstal is al vir weke bo aan die lys van insidente, en dié week was dit nie anders nie.

EPR-sekuriteit se jongste misdaadverslag dui daarop dat daar 32 insidente in net ses dae by die sekuriteitsmaatskappy aangemeld is. Die verslag dek die tydperk van 23 tot 29 Mei.

Diefstal is al vir weke bo aan die lys van insidente, en dié week was dit nie anders nie, met nege diefstalinsidente wat by die maatskappy gerapporteer is. Dit is gevolg deur sewe huisbraakinsidente en drie klagtes van saakbeskadiging.

Daar was ook twee oproepe oor betreding en een voorval elk van veediefstal, roof, natuurskade, poging tot moord, die rig van ‘n vuurwapen, voertuigdiefstal, gesinsgeweld, ‘n verdagte voertuig, ‘n oop deur en een mediese voorval.

Die voorvalle wat van 23 tot 29 Mei by EPR-sekuriteit aangemeld is.

Vier van die insidente is in Rant-en-Dal aangemeld, en daar was drie in Monument, drie in Noordheuwel en drie in die Krugersdorp-middedorp. Daar was ook twee voorvalle elk in Protearif, Chamdor en Wentworthpark.

Die meeste van die voorvalle (18) het na 12:00 plaasgevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button