Local newsNews

Kinderhof baat by Mej Wes-Rand se projek

Mej Wesrand het talle versorgingpakkies aan die kinderhof in die middedorp geskenk.

Baie keer nadat jong kinders die trauma van mishandeling moes deurmaak, moet hulle dieselfde traumatiese gebeure oor en oor herleef wanneer hulle hul storie aan die polisie en howe vertel.

Ashley van den Berg, die huidige Mej Wes-Rand probeer om hierdie proses makliker te maak deur elke maand versorgingpakkies aan die Kinderhof te skenk.

Sy het aan die News vertel dat sy gehoor het van ‘n kind wat in die hof moes gaan getuig, en daar toe vasgestel is dat die kind drie dae laas geeet het omdat hulle nie kos gehad het nie.

Hierdie gebeure het haar so aangeraak dat sy dadelik besluit het sy moes iets doen.

Sy het drie maande gelede begin om elke maand 20 omgeepakkies te skenk om hierdie kinders se pad ‘n bietjie makliker te probeer maak. Op Maandag, 30 Mei het sy weer 20 pakkies by die Kinderhof gaan aflaai.

In tien van hierdie pakkies was daar kitssop, inkleurkryte, ‘n inkleurboek wat sy laat maak het, hawermoutstafies en lekkernye. In die ander tien was badgoed, ‘n waslappie, lipsalf, handeroom, spuitgoed en ‘n kombers.

Ashley het vertel dat sy ook ‘n high tea vir die Teddy Bear Foundation gehou het toe sy nog net ‘n finalis vir Mej Krugersdorp was. Daar het sy 100 teddies, lekkernye en blikkieskos vir die organisasie ingesamel. Die Teddy Bear Foundation is ‘n organisasie wat kinders deur die regsproses help.

Sy het vertel dat haar passie vir liefdadigheid van haar ouma af kom wat ‘n saggeaarde mens is wat eerder vir ander sal gee as om iets vir haarself te neem.

Haar passie lê veral by kinders, en dit breek haar hart dat daar deesdae soveel kinders op straat is. Sy beplan om aan te hou met die pakkies elke maand en sê dat sy altyd op soek is na donateurs om betrokke te raak.

Indien jy by die of enige van Ashley se ander projekte betrokke wil raak kan jy haar ma Petro van den Berg skakel by 079 875 3575.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button