Local newsNews

Krugersdorp-skoonhede ondersteun mekaar vir ‘n goeie doel

'n Projek wat vir vanjaar se Mevrou Krugersdorp baie na aan die hart lê is die Hopelands-babahuis in Magaliesburg waar verstote babas versorg word, en Mej Wesrand 2022 het haar daarmee gehelp.

Mej Wesrand 2022, Ashey van den Berg het onlangs weer gewys dat sy ‘n hart van goud het toe sy Jenny-Lee Swanepoel, vanjaar se Mevrou Krugersdorp gehelp het met een van haar projekte.

‘n Projek wat vir Jenny-Lee baie na aan die hart lê is die Hopelands-babahuis in Magaliesburg waar verstote babas versorg word.

Met die hulp van Hi-Tech Foam kon Ashley tien babamatrasse aan die huis oorhandig.

Ashley het vertel dat sy vir Jenny-Lee tydens die Meneer en Mevrou Krugersdorp-kompetisie ontmoet het en die twee het vriende geword.

Ek het ‘n sagte plek vir kinders en my hart het gebreek toe sy vertel het waaroor haar projek gaan.”

Daarna het Ashley self die babahuis besoek en gesien hoe die bababedjies herstel word. Dit het haar laat besluit om hulle te probeer help deur matrassies vir die bababedjies te kry.

“Ons is baie bevoorreg dat Hi-Tech Foam dit aan Hopelands kon skenk.”

Sy het vertel dat die huis nog meer matrasse gaan nodig hê asook benodigdhede vir die babas soos komberse, doeke ensovoorts.

Sy wil aanhou om hierdie projek te ondersteun en het gesê, “Dit is skrikwekkend om te dink hoeveel babas net gelos word met absoluut niks. Hopelands gaan ‘n groot verskil maak en ‘n baie goeie invloed op baie kinders se lewens hê.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button