Local newsNews

Sektor 7 GPF en gemeenskap staan haweloses in dorp by

Lede van die Sektor 7 GPF het ingespring om haweloses te help nadat Mogale City Openbare Veiligheid die haweloses se komberse in die hartjie van die winter van hulle af weggevat het.

Toe die lede van die Sektor 7-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sien dat die Mogale City Openbare Veiligheid die haweloses se komberse in die hartjie van die winter van hulle af weggevat het, het hulle besluit dat hulle moet inspring en help.

Deon Visser, die Sektor 7-voorsitter het aan die News vertel dat hulle gesien het wat gebeur het en dadelik ‘n boodskap op hul gemeenskapsgroepe uitgestuur het om hulp te vra.

Stefanie Wolfaardt, Cathie Coetzee en Deon Visser by die komberse wat geskenk is.

“Ons het gevra dat ons gemeenskap asseblief help om komberse of finansies te skenk sodat ons kan komberse koop.

“Die terugvoer was oorweldigend,” het hy vertel. Stefanie Wolfaardt, die sektor se visesekretaresse het bevestig dat hulle op Vrydag, 24 Junie 57 komberse aan die Cradle of Hope kon skenk.

Sektor 7 sluit dele van Noordheuwel, Kenmare en Rangeview in, en Deon het vertel dat hulle net weer besef het watter fantastiese gemeenskap hulle het.

Stefanie Wolfaardt en Deon Visser van die GPF oorhandig komberse aan Cathie Coetzee (middel) van die Cradle of Hope.

“Ons sê baie dankie, ons waardeer die gemeenskap se bydrae. Hierdie projek is net ‘n uitbreiding van wat ons as GPF doen. Ons moet teruggee aan die gemeenskap ook.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button