EPR-sekuriteit se misdaadverslag vir die tydperk van 20 en 26 Junie toon dat daar 30 voorvalle by die maatskappy aangemeld is. Nege daarvan het in Noordheuwel plaasgevind en 11 in die Krugersdorp-middedorp.
Diefstal en saakbeskadiging was die grootste probleme met agt voorvalle elk. Daar is ook twee sake van intimidasie en vier huisinbrake in die ses dae aangemeld. Ander voorvalle het poging tot huisbraak, gesinsgeweld, roof, brand, aanranding, voertuigdiefstal en poging tot moord ingesluit.
Al het die meeste voorvalle in Noordheuwel en die Krugersdorp-middedorp plaasgevind, is daar ook twee voorvalle in Vlakplaas, drie in Monument, twee in Luipaardsvlei en een elk in Dan Pienaarville, Wentworthpark en Wilropark aangemeld.
Agtien van hierdie voorvalle was by besighede en 12 by wonings. Die meeste daarvan het tussen Maandag en Woensdag plaasgevind.

