News

Van braai tot die lekkerste romerige hoenderpot

Alhoewel daar meeste van die tyd gebraai word op Nasionale Braaidag, mag daar darem ook potjie gemaak word!

Martin Kriel het sy legendariese hoenderpotjiekos resep met die News gedeel. Hy het vertel dat al maak hy ‘n punt daarvan om een keer ‘n week te braai, is dit soms lekker om dit bietjie af te wissel met ‘n potjie so nou en dan.

Hy hou daarvan om te eksperimenteer veral as dit by die voorbereiding van sy vleis kom. Maar vir die resep het hy dit eenvoudig gehou.

‘n Trotse Martin Kriel by sy hoenderpot.

Bestandele:
• 20 Stukke hoender (boudjies en dytjies)
• Sout
• Growwe swart peper
• 2 middelslag uie fyngekap
• Olyfolie
• Klein wortels (een klein pakkie)
• Sampioene (twee pakkies)
• Mielies (vier heel mielies in kwarte gekap)
• Aartappels (3 aartappels opgesny)

Sous:
• Hoenderaftreksel (2 blokkies)
• Woestersous
• Sout en peper na smaak
• 1 Liter water
• 500ml Room

Metode:
Maak jou olyfolie warm in die pot, braai die fyngekapte uie tot dit deurskynend is en braai dan die hoender tot bruin aan die buitekant. Meng al jou sousbestandele (behalwe die room) en gooi by jou hoender, laat dit prut. Voeg jou aartappels, wortels, mielies en sampioene by. Moet nie jou pot te veel roer nie anders sal jou hoender van die been af val. Laaste, gooi jy jou room by en laat dit verder prut tot die sous dik is. Wanneer die sous so bietjie afgekook het haal jou pot van die vuur af en laat hom minstens 30 minute rus. Bedien voor met rys of lekker tuisgebakte brood.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button